CSF – Community Support Forum

CSF bestaan uit n span met harte van goud, doel gedrewe deur ons Hemelse Pappa wat ons gesit het op aarde om ons mede mens en dier in nood uit te help.

 

Deur God se genade staan ons al 16 jaar sterk en help met gevalle groot of klein, soms is van die gevalle so dat ons slapelose weke het, maar Hy gee ons krag om nie tou op te gooi nie.

 

Die nood daar buite is buite gewoon groot en hartseer. Ons span help op verskillende maniere:

 

* Dispatch: Ons het verskeie nationale dispatch lede wat help in enige nood geval om vir jou nood dienste te kan stuur vir watse nood okal. Waar okal jy mag wees.

 

*Response: Ons het verkeie lede wat ook by verskeie SAP stasies registreurd is om op nood tonele te kan help, Wat ook mediese opleiding het om op enige nood toneel bystand en hulp te bied.

 

*Monitoring and patrol: Ons het n span wat ook groepe monitor vir enige nood situasie. Wat ook reageer sou hul beskikbaar wees om te gaan help waar daar nood is.

 

*Diere hulp en nood: Ons het n opgeleide span wat help waar diere in nood is en ook die regte mense in kennis stel sou daar verdere hulp benodig word. Van Muise, perde enige dier het die reg om reg behandel en gevoed te word. As hul nie kan praat nie en ons doen ook nie wat gaan van hul word. Ons help ook waar gesinne nie finansies het om hul diere kos te kan gee nie op n kort termyn en daarna kyk ons na n lang termyn oplossing

 

*Kos nood: ons help met kospakkies en gekookte borde kos waar okal daar nood is. Party van die mense maak staat op slegs daai bordjie kos.

 

*Ander nood: ons help met verskeie nood gevalle hetsy dit mediese gevalle is, iemand moet begrawe word en die gesin benodig finansies, krag en skoon maak middels vir gesinne in nood die lysie gaan aan…

 

* Meisie pakkies, ons voorsien jong meisies met meisie pakkies (party keer neem mens iets van selfsprekend en iemand ander het dood eenvoudig nie om te kan gebruik of finansies om te kry nie)

 

*Skool kinders: Ons help skool kinders met skool benodighede, boeke penne ens, asook help ons met klere indien hul benodig. Ons het ook die kosblikkies projek waar ons 70 kinders daagliks met n kosblik voorsien en hulle kry geen ander kos behalwe daai wat ons vir hul inpak nie. Ons help op ander maniere ook wanneer sport toe gelaat word ens.

 

Baba hulp: ons help in verkeie maniere met melk doeke klere en ook ondersteuning aan die nuwe mamma

 

Bejaarde hulp: ons help met kospakkies, kosmaak, hare en naels sny, bietjie aandag gee deur te sit en gesels of soms net luister. Help met persoonlike skoon maak middels en n warm kombersie of klere waar benodig word. Baie hartseer gevalle maar hul waardeer die aandag liefde en kuiertjies. Asook help ons as een van hul dalk nie finansies het vir n bril of tande of medikasie nie, staat help maar het soms nie om te kan gee nie dan moet hul dit privaat doen.

 

Ons lysie hou nie op nie, ons kyk glad nie ander rigting waar daar nood is en hulp word benodig nie.

 

Ons span het elkeen hul eie daaglikse werk om hul familie te kan versorg en voorsien,
maar elkeen doen sy deel en gee hulp in hul vrye tyd, met hul eie vervoer en brandstof meer as wat mens kan dink,  familie tyd vir ons span hang maar af of ons nood situasies klaar is of nie.

 

Ons is NPC registreurd en sonder die hulp van publiek, familie, ons span, besighede en ander organisasies kan ons nie help waar daar nood is nie, ons wil ook dankie sê aan almal wat dit moontlik maak. Ons help ook ander NPO’ & NPC’s en kerke indien hul hulp benodig.

 

Indien jy n donasie wil maak in watse opsig okal kontak admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263

Bank besonderhede:

 

 

Gebruik verwysing waarvoor jy die donasie maak, bv: bejaardes, diere, skool hulp, kos nood.

 

*Ons is tans opsoek na iemand wat ons kan borg vir nuwe hemde en hoodies vir die span, ons is bereid om jou besigheids logo ook op te sit. Indien iemand ons asb kan help sal ons dit opreg waardeer