MVA BARRAGE & ASCOT ON VAAL ROBOT 24/04/2021

2 Voertuie betrokke met 1 P4 op toneel en 3 P1/P2 pasiente

Saterdag 24 April ongeveer 23:55 het daar n motor ongeluk voor van ons lede gebeur, as hul en die SAPS voertuig voor hul nie mooi opgelet het nie was hul ook in die ongeluk betrokke.

CSF lede en SAPS het dadelik gestop om die beseerdes te help en die nodige nood dienste te ontbied.

Kort daarna was GPG, ER24 asook die brandweer op toneel.
CSF lede het EMS gehelp om pasiente te help en te laai.

Pasiente is verwyder en vervoer deur GPG en ER24.

Lede van CSF, SAPS, insleep voertuie en 2 CPF lede het verkeer beheer terwyl daar vir forensies gewag was, asook tot lykswa op die toneel was, om 03:00 Sondag oggend was die toneel opgeruim en pad skoon en oop vir verkeer.

Ons innige meegevoel aan die oorledene se familie en geliefdes en ons wens n spoedige herstel toe vir die 3 ander pasiente

 

#PLEASE NOTE THAT THE IMAGES MAY BE HARMFUL TO SENSITIVE VIEWERS