DANKBAAR

DANKBAAR
Goeie môre almal ✨
Hoop dit gaan goed met julle onder onstandighede πŸ’ž

Ons wil graag BAIE DANKIE sΓͺ aan elke liewe persoon wat ons help om almal in nood te kan help. πŸ™πŸ»

Sonder Ons Hemelse Pappa en julle hulp sou ons dit nie kon reg kry nie, ons is baie dankbaar vir alle hulp. β˜†β˜†β˜†

Party dae het ons hande in hare en bid hard want ons weet nie watse kant toe nie dan stuur ons Hemelse Pappa een van jul om te help πŸ™ŒπŸ»

Die nood is ongelooflik groot daar buite, onder ons mense en dis hartseer om te weet hoeveel gaan slaap honger vir dae aan een.

Almal in nood se dankbaarheid is GROOT en hulle sΓͺ ook BAIE DANKIE. πŸ’– Ons weet nie hoe ons ooit genoeg dankie sal kan sΓͺ nie maar weet asb dat julle n groot verskil in iemand se lewe maak, dat julle weer hoop gee aan iemand wat alles verloor het. β™‘

Ons waardeer die hulp
CSF Groete