Kersfees projek vir minder bevoorregte kinders 11 Desember 2021
Soos almal weet het ons elke jaar die projek vir minder bevoorregte kinders in pleeghuise en gesinne wat nie kan bekostig om vir die kinders n geskenkie te kan koop nie.
Ons hou weer hierdie jaar vir 35 kindertjies n dag van bederf en n geskenkie vir elkeen, en om dit moontlik te kan maak het ons die hulp van die publiek nodig asb. Met die COVID-19 het ons nie veel kans gehad vir fondsinsamelings nie.
Ons het hulp met geskenkies vir die kinders (santa shoebox) nodig en ook hulp om die bederf dag moontlik te maak.
Die kinders het ons soos elke jaar n lysie jy kan kies of jy een kind wil bless met n geskenk boks of hoeveel okal. Indien jy nie die boks kan op maak nie kan jy ook kies om n kind of kinders te borg. En ons maak die boks vir hul op.
Die bederf daggie kan jy besluit van ons lysie wat jy kan of wil borg en dan vir ons maak of n donasie maak om dit te kan bestel of aankoop.
Elke bietjie hulp met die projek het nog elke jaar n reuse suskes gehad en ons wil ook dankie sê aan almal wat dit moontlik gemaak het die laaste paar jare en ook solank dankie sê aan almal wat ons die jaar gaan help om dit weer moontlik te kan maak 💖
Ons skop vandag af en lysies is reeds beskikbaar vir die beserf dag se benodighede en ook die kindertjies. Indien jy n kind/kinders wil borg of ietsie vir die bederf dag kontak admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263 asb vir die lysies
Om meer te lees oor die projek, volg asb Die Skakel
CSF Groete