
Vanoggend het ons weer lekker gesels met al die bejaardes wat ons daagliks help. Van die stories wat hulle kan vertel is hart roerend en ons is bly ons kan bietjie hoop en liefde vir hulle gee.
Ons gaan weer die jaar probeer om hulle bietjie te bederf vir kersfees. Ons gaan bederf pakkies opmaak vir elke bejaarde sodat hulle ook voel iemand gee om en dat hulle iets spesiaal kry.
Die pakkies word mooi verpak en behels:
Koekies
Hug in a mug
Sweeties
Lyf was
Room
Waslappie
Indien jy voel jy wil of kan help om dit moontlik te maak kontak asb admin@csfvaal.co.za of WhatsApp 072 329 7263
CSF Groete