CSF Parke Projek
Ons as CSF Vaal het die Gemeenskap van Vaaldriehoek se beste belang op die hart.
Na gelang van die swak diens lewering in die Vanderbijlpark area het ons as CSF Vaal Bestuur besluit om die volgende projek van stapel te stuur.
Ons wil graag die gemeenskap vra om ons te help om hierdie projek n sukses te maak deur n park of gedeeltes van n park of stuk grasveld te borg.
CSF Vaal Bestuur het n petrol grassnyer en petrol “Brush Cutter” vir die projek en ons hoop om die gemeenskap se hulp te kry ten opsigte van borge om die gras by parke en velde asook middel man te sny.
Want kort gras is beter vir motoriste asook kan verdagtes nie daar wegkruip nie
Borg-n-Park projek wil ons vra dat lede van die gemeenskap n bydrae maak vir nog gras sny gereedskap as ook om die werkers te kan vergoed vir hul tyd en moeite wat die gras gaan sny.
Die gemeenskap kan parke en velde nomineer waar ons moet sny indien ons genoeg borge het vir die park sal n datum dan toegestaan word aan die park en die werk sal begin.
Vul asb die vorm in om jou belangstelling te toon.